Vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in vier distrikte aangekondig, asook 107 nuwe gevalle uit 1 588 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van sewe persent verteenwoordig. In die groep is 22 leerders van verskillende skole, vyf onderwysers, drie gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 2 157 aktiewe gevalle, waarvan 165 in hospitale is en 22 in intensiewesorgeenhede.