Kinders met Downsindroom vra jou ou bril

Die meerderheid van kinders met Downsindroom het uitdagings met sig. Die Downsindroomvereniging van Namibië doen ‘n beroep op lede van die publiek om ou en ongebruikte brille te skenk. Martha Manhanga van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Skenkings kan in Windhoek gemaak word deur 081 242 2302 te skakel of in Walvisbaai op 081 669 4442.