Stinkwater-verdagte weer in die hof vandag

Die 32-jarige verdagte wat die 23-jarige Lydia !Kharises op Stinkwater naby Dordabis na bewering verkrag en vermoor het, sal vandag weer in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Sy saak is van 16 Desember verlede jaar uitgestel. Hy is op 14 Desember in hegtenis geneem. Harold Uirab staar klagte van moord en verkragting en is borg geweier. Die gemeenskap het woedend gereageer met sy arrestasie en die polisie moes hom beskerm. !Kharises se verminkte liggaam is in die veld gekry. Hy het haar blykbaar by ‘n troue weggelok. Daar is sedert 2010 ‘n lasbrief vir Uirab se inhegtenisname vir ‘n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.