Steenkamp sê oor skole se bankstate

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik waarom sy alle skole versoek het om hul bankstate in te dien. Dit volg nadat ouers ‘n noodkreet uitgestuur het ná skole hulle beveel het om self skryfbehoeftes te koop. Steenkamp het in ‘n brief aan streeksdirekteure van onderwys beveel om hul bankstate nie later as 12 Januarie nie te stuur. Sy sê dit is kommerwekkend omdat skole toelae ontvang.

Steenkamp sê sommige van die items wat deur die skole van ouers verwag word, is nie regverdig teenoor die ouers nie.