Staatskaping: Verslag behoort aan alle Suid-Afrikaners

Die staatskapingskommissie het die eerste deel van sy verslag vrygestel. Waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, het die dokument gister tydens ‘n seremonie by die Uniegebou in Pretoria aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Deel een bestaan uit drie volumes. Zondo sê volume 1 handel oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens en verwante maatskappye:

Intussen sê President Cyril Ramaphosa die verslag behoort aan alle Suid-Afrikaners en is dus onmiddellik op die Presidensie se webtuiste.