Plaaslike damvlakke daal

Waterbronne vir die sentrale dele van Namibië is op die oomblik net onder 58 persent. Volgens NamWater se jongste dambulletin het Von Bachdam op die oomblik 47 persent water met Swakoppoort op 76,2 persent en Omatako op 43,2 persent van kapasiteit. In die Ooste is die Otjiverodam 41,8 persent vol. Die slikdam is leeg. Bronne vir die Suide is tans op 55,1 persent. Daar is net meer as 1,1 miljoen kubieke meter water uit Hardap onttrek en die dam het tans 47,4 persent van kapasiteit. Naute het 81,2 persent water. Daar is geen lesing vir die Neckartaldam nie. By Rehoboth is Oanobdam 76,1 persent vol.