Steenhuisen wil weet wat in die Oekraïne aangaan

Die leier van die DA in Suid-Afrika, John Steenhuisen is tans in Pole. Hy sal binnekort in die weste van die Oekraïne aankom vir ‘n ses-dag besoek om hom te vergewis van die omvang van die skade van die oorlog.