Mexiko sê Texas pers hom af

Die druk wat Texas verlede maand op naburige Mexikaanse state uitgeoefen het om grensveiligheid te verskerp, is volgens Mexikaanse owerhede gelykstaande aan afpersing. Volgens berigte het Texas se goewerneur Greg Abbott, verskeie ooreenkomste met goewerneurs van grensstate aangegaan om kontrole op die grens te verskerp. Maar, Mexiko se sentrale regering sê Abbott het die ooreenkomste afgedwing, anders sluit hy sy eie grens. Die Mexikaanse President Andres Manuel Lopez Obrador het Abbott se gedrag as afskuwelik beskryf.