Engeland-voorspeler Vunipola in hegtenis geneem

Rugby: Engeland en Saracens se voorspeler Billy Vunipola is in hegtenis geneem ná ‘n beweerde gewelddadige voorval in Mallorca, Spanje. Die Engelse Premierskap-klub Saracens sê hulle is bewus van die voorval en sal die saak intern hanteer. ‘n Plaaslike koerant sê die 31-jarige Vunipola is twee keer deur die polisie geskok. Volgens die verslag het hy op ‘n stadium sy hemp uitgetrek en verbygangers gekonfronteer. Hy is deur agt polisiebeamptes onder bedwang gebring en geboei. Hy is vandaar na ‘n hospitaal geneem waar hy verdoof moes word.