DA kan nie met werkers se lewens vertrou word: Cosatu

Cosatu sê die DA se belofte in sy verkiesingsmanifes om die nasionale minimumloon te skrap, waarin die lone van 6 miljoen verarmde werkers regoor die ekonomie verhoog word, is ‘n wrede herinnering dat die party nie met werkers se lewens vertrou kan word nie. Die vakverbond sê die DA se manifes en belofte sal miljoene werkers in algehele armoede dompel. Matthew Parks van Cosatu sê sedert 1994 het die DA in the parlement gestem teen elke wet wat die werksomstandighede en regte van werkers in die land verbeter.