Musk besoek China oor regulatoriese hindernis vir elektriese voertuie

Die grootbaas van Tesla, Elon Musk, was vir ‘n heen-en-weertjie op besoek aan China, waar die maatskappy ‘n sleutel sekerheidsklaring bekom het vir die wêreld se grootste mark vir elektriese voertuie. Musk het premier Li Qiang ontmoet terwyl hy alles in sy vermoё doen om Tesla se sukses te verseker te midde van intense mededinging van plaaslike vervaardigers van elektriese voertuie. Op dieselfde dag is aangekondig Tesla se plaaslik-vervaardigde modelle is op die lys voertuie wat voldoen aan China se datasekerheidsvereistes vir slim voertuie, wat ‘n sleutel regulatoriese hindernis uit die weg ruim.