Statebondspele: Verwagtinge steeds hoog vir Nam-span

Die Namibiese span neem tans deel aan die Birmingham Statebondspele 2022. Tot dusver is een brons medalje deur die marathon-hardloper Helalia Johannes opgeraap, terwyl die twee boksers wat die land verteenwoordig na die volgende rondtes van hul onderskeie kategorieë deurgedring het. ‘n Aantal atlete sal in die volgende paar dae deelneem en die verwagtinge is baie hoog, volgens die hoof-administrateur van die Namibiese Sportkommissie, Freddy Mwiya.