Rusland sê VSA identifiseer teikens vir Oekraïne

Rusland het Amerika die eerste keer beskuldig van ‘n regstreekse rol in die oorlog in Oekraïne. ‘n Woordvoerder van die Russiese verdedigingsdepartement beweer die VSA keur teikens goed vir Amerikaans-vervaardigde Himars-artillerie wat deur Kiëf se magte gebruik word. Hy sê onderskepte oproepe tussen Oekraïnse amptenare het die verband blootgelê. Daar was geen onmiddellike kommentaar oor die aantyging van Amerika nie. Rusland het Washington in die verlede beskuldig van die voer van ‘n sogenaamde volmag-oorlog in Oekraïne.