Stap virtueel vir pikkewyne

Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls hou op Erfenisdag sy tweede virtuele Pikkewyn-wedloop vir wêreldwye bewusmaking. Die wedloop oor vyf kilometer vind Vrydag plaas om geld vir die stigting in te samel. Almal word genooi om deel te neem deur foto’s van hulle in ‘n swart-en-wit uitrusting of ‘n pikkewynpak voor Vrydag om middernag op Facebook te plaas onder die hutsmerk VirtualPenguinRun2021. Gelukkige deelnemers sal die geleentheid kry om ‘n naam te kies vir een van die Afrika-pikkewyne wat deur die Sankub versorg word.