Afrika se groenstimulusprojekte nou aanly

‘n Nuwe aanlyn-platform is in Suid-Afrika bekend gestel vir groen stimulusprojekte regoor Afrika. Die buurland se minister van die omgewing Barbara Creecy het die portaal in haar hoedanigheid as uittredende president van die Afrika Ministeriële Konferensie oor die Omgewing van stapel gestuur. Die departement se woordvoerder, Albi Modise, sê die projek ondersteun die herstel van die gevolge van die Covid-19-pandemie ten opsigte van die omgewing en maatskaplik-ekonomiese toestande. Hy sê dit sal ook verseker inligting oor die Afrika Groenstimulusprogram bly op datum:

Besonderhede oor die Groen Stimulus-program vir Afrika is beskikbaar op agsp.nepad.org.