Stad Windhoek oorhandig nog huise

Die Stad Windhoek sal môre 100 huise oorhandig wat gebou is onder die Informal Settlement Upgrading Affordable Housing Pilot Project. Dit is die inisiatief van die stad om skuiling aan sy inwoners te bied en na ‘n stad te streef waar geen sinkhuise is nie, volgens Harold Akwenye, die stad se hoofkommunikasiebeampte. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê huise wat oorhandig gaan word is in Freedomland in Katutura.