Voedselkrisis is Rusland se skuld. Punt.

Die president van die Europese Raad, Charles Michel, het Rusland daarvan beskuldig dat hy voedselvoorraad in der waarheid as ‘n missiel teen die ontwikkelende wêreld gebruik en mense tot armoede dwing. Sy uitlatings het daartoe gelei dat Rusland se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Vassily Nebenzia, by die vergadering uitgestorm het. Moskou se inval in Oekraïne het tot ‘n wêreldwye voedselkrisis gelei, met die pryse van graan, kookolie, brandstof en kunsmis wat die hoogte ingeskiet het. Michel sê Rusland alleen is vir dié voedselkrisis verantwoordelik: