Musk dreig om Twitter-aankoop te laat vaar

Die wêreld se rykste persoon dreig om hom te onttrek aan die transaksie om Twitter te koop, nadat hy beweer die onderneming het inligting weerhou oor die aantal vals rekeninge en rommelpos. Die Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur, Elon Musk, het ‘n ooreenkoms ter waarde van bykans 680 miljard Namibiese dollar onderteken om die sosiale media-platform oor te neem, maar het die US Securities and Exchange Commission ingelig dat hy die transaksie kan beëindig. Hy beskuldig Twitter daarvan dat hy die ooreenkoms wesenlik oortree het omdat die aantal vals- of rommelposrekenings veel meer as 20 persent kan wees.