Stad Windhoek nooi inwoners om deel te neem.

Stad Windhoek nooi inwoners om deel te neem aan die hersiening van die stad se inwonersberoepsbeleid. Die departement van stedelike en vervoerbeplanning is besig om die bestaande beleid te hersien en het die insette van inwoners nodig. Windhoekers kan hul geskrewe kommentaar tot 4 Augustus per e-pos stuur, volgens Lydia Amutenya, die stad se woordvoerder, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.