Verdagtes keer terug na rooftoneel, gevang

Twee verdagtes van onderskeidelik 35 en 57 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklagte van sakeroof in Odendaalsrus in die Vrystaat, nadat hulle twee mans in ‘n supermark van ‘n onbekende bedrag kontant en sigarette beroof het. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Die polisie is in kennis gestel en ‘n selfoon wat glo aan een van die verdagtes behoort, is op die toneel gevind. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die verdagtes het teruggekeer na die supermark om die foon te kry en gehoop niemand sal hulle herken nie.