Rooies Mostert, medebeskuldigdes môre weer in die hof

Die voormalige Gobabis-landdros Walter ‘Rooies’ Mostert verskyn weer môre in die landddroshof in Windhoek saam met drie medebeskuldigdes. Daar is 29 klagte, wat ook teen Mostert gelê is, teen Joyline Kambutuku, Eveline Meroro en Salomo Joram aanhangig gemaak. Die staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom het deur vervalste dokumente in te dien en verder, dat hy in 2013, nog ‘n familie bedrieg het en meer as 340 000 Namibiese dollar uit hulle gemaak het. Sy drie medebeskuldigdes het hom na bewering gehelp om die dokumente en meer te bekom. Al die beskuldigdes is in aanhouding.