Stabiliteit van dak by parlement onbevestig

Die woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê ʼn voorlopige inspeksie word in die Nasionale Vergadering-gebou gedoen. Hy sê die stabiliteit van die dak kon tot nou toe nie bevestig word nie. Die inspeksie sal na verwagting vandag afgehandel word.