Zondo sal verslag oorhandig, interdik-aansoek uitgegooi

Regter Avrielle Maier-Frawley het in Johannesburg Democracy in Action se dringende aansoek vir ‘n interdik teen die Zondo-kommissie se oorhandiging van die eerste deel van die staatskapingsverslag aan President Cyril Ramaphosa, van die hand gewys. Die saak is met kostes van die rol geskrap. Maier Frawley sê sy sal later redes gee. Waarnemende hoofregter Raymond Zondo sal die verslag vanmiddag by die Uniegebou in Pretoria te oorhandig.