Staatsrede: Hage moet druk op verbruikers aanspreek

Analiste meen dat President Hage Geingob klem moet lê op maatreëls wat verligting vir Namibiese verbruikers bring wanneer hy vanmiddag sy staatsrede lewer. Ekonome het op hul beurt kommer uitgespreek oor die verskillende aanslae van senior regeringsamptenare, en die president, oor die hantering van nasionale bronne, en of nasionalisering toegepas sal word. Die stigter van High Economic Intelligence Salomo Hei sê kommentaar soos die skrik beleggers af en dat hy hoop Geingob die kwessie sal aanspreek en dat die regering in een stem oor die kwessie kan praat. Maar, verbruikers moet voorkeur kry. Voedsel-inflasie beweeg op die oomblik plaaslik rondom 5 persent maar sal weer styg as gevolg van die groot styging in brandstofpryse, die derde vanjaar. Intussen het die oorlog in Oos-Europa opwaartse druk op basiese voedsel geplaas en dié pryse styg ook einde April. Onluste en stakings in buurlande het ook veroorsaak dat die Namibiese verbruiker vanaf 7 April 20 persent meer vir suiker sal betaal.