Israelse vrou kry doodstraf in Abu Dhabi vir dwelms

‘n Drie-en-veertigjarige Israelse vrou se regspan beplan om te appelleer, nadat sy in die Verenigde Arabiese Emirate ter dood veroordeel is vir die besit van dwelms. Fidaa Kiwan sê die meer as ‘n halwe kilogram kokaïen wat tydens ‘n polisie-klopjag in haar woonstel in Abu Dhabi gevind is, het nie aan haar behoort nie. Sy is in Maart verlede jaar gearresteer, enkele dae nadat sy in die stad aangekom het. Daar word berig betrekkinge tussen Israel en die VAE het oor die afgelope jare verbeter. Die Israelse regering moet nog op die vonnis reageer.