Whk-raadslede oorweeg mosie van wantroue

‘n Mosie van wantroue kan moontlik teen die bestuurskomitee van Stad Windhoek ingestel word. Luidens plaaslike media is die raadslede sat vir die vertraging in die aanstelling van ‘n hoof uitvoerende beampte vir die stad. Raadslede het reeds op 2 Maart gevra vir ‘n verslag oor die vordering van die aanstellingsproses. ‘n Spesiale vergadering moes gehou word en dan moes terugvoering teen 31 Maart gegee word. Dit het nie plaasgevind nie. Raadslede sê as die jongste resolusies ook nie teen 12 April geïmplementeer word nie, sal die mosie ter tafel gelê word. Die stad het laas ‘n hoof gehad toe Robert Kahimise in die pos was. Hy is reeds einde November 2020 weg.