Staatskapingskommissie se hoofondersoeker se dood ‘n groot verlies

Die dood van die Staatskapingskommissie se hoofondersoeker word as ‘n groot verlies beskryf. Die 72-jarige Frank Dutton het glo ‘n beroerte en ‘n hartaanval gehad. Die voormalige polisiebeampte het in die 1980’s gehelp om politieke geweld in KwaZulu-Natal oop te vlek, en is later na die Verenigde Nasies se tribunaal vir die voormalige Joego-Slawië gesekondeer. Dutton het in 2003 om gesondheidsredes uit die polisie getree ná ‘n loopbaan van byna 40 jaar. Hy was die eerste bevelvoerder van die voormalige polisie-eenheid, die Skerpioene, en het in 2012 die Orde van die Kremetart in Goud ontvang.