Covid-19: 20 sterftes in ses distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 20 Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 151 nuwe gevalle uit 1 737 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 8,9 persent verteenwoordig. In die groep is 31 leerders, vyf onderwysers en twee gesondheidswerkers en studente elk. Daar is nou 9 403 aktiewe gevalle, waarvan 260 pasiënte in hospitale is en 22 in hoësorgeenhede. Altesaam 352 635 persone is ten volle ingeënt.