La Niña-verskynsel duur dalk voort tot in herfs

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die La Niña-verskynsel gaan waarskynlik die res van die somer en tot in die herfs nog ontwrigtende reënweer tot gevolg hê. Die Vaaldam is nou meer as 110 persent vol na goeie reën in Gauteng, terwyl die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal oorstromings ondervind. Die Weerdiens sê ‘n warm, sonnige twee weke word vir die binneland voorspel na weke van swaar reën.