Staatsbegrafnis-besteding onder die loep

Die Presidensie sê die ontslape voormalige kabinetsminister, Immanuel Ngatjizeko, sal ‘n staatsbegrafnis ontvang en hy sal ter ruste gelê word op ‘n plek wat sy familie toeken. Hy is Saterdag op die ouderdom van 69 oorlede. Intussen het die kantoor van die eerste minister berigte ontken dat hy oorbestee het op sy begroting vir staatsbegrafnisse verlede jaar. Volgens die kantoor se uitvoerende direkteur I-Ben Nashandi is die aanvanklike toewysingsbedrag in die begrotingsboek met 6.5 miljoen Namibiese dollar oorskry, maar dit is nie oorbesteding nie. Alle bedrae vir die begrafnisse word verkry en goedgekeur in ooreenstemming met tesourie-bepalings.