IUM-baas sê Oekraïnse studente kan plaaslik absorbeer word

Die meeste Namibiese studente wat in die Oekraïne studeer het, is veilig terug in die land. Dié studente moes hul studies weens die konfliksituasie in Oekraïne staak en sou graag met hul studies wil voortgaan – of op eie bodem of in die Oekraïne sodra die situasie weer na normaal terugkeer, wat moeilik is om te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. David Namwandi, die stigter van die International University of Management gevra of Namibiese universiteite in ‘n posisie is om die studente in te neem.