Staat sluit af in Noble en Azhar kokaïensaak

Die staat het afgesluit in die kokaïenverhoor van die twee inwoners van Walvisbaai, Grant Noble en Dinath Azhar. Staatsadvokaat Timo Itula het dr. Paul Ludik, wat forensiese werk vir die polisie doen, as sy laaste getuie geroep. Die twee se prokureur, Sisa Namandje het aangedui dat hy ‘n aansoek sal bring om die klag van geldwassery teen sy twee kliënte ter syde te laat stel. Die twee is op 15 Junie 2018 in hegtenis geneem na dat die staat beweer het hulle het 412 kilogram se kokaïen in ‘n vraghouer by Walvisbaai ingevoer. Die waarde is op 206 miljoen Namibiese dollar beraam. Die verhoor duur voort voor regter Orben Sibeya.