OUTA nie verbaas oor uitlating van e-tol in begroting nie

Die Suid-Afrikaanse burgerregtegroep OUTA sê die regering ignoreer Gauteng se e-tolkwessie nou al ‘n paar jaar en die organisasie is nie verbaas dat dit nie gister tydens die minister van finansies, Enoch Godongwana, se mini-begrotingstoespraak genoem is nie. Die bestuurshoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê die publiek het hul stem laat hoor deurdat 85 persent van motoriste nie e-tol betaal nie en die regering niks daaraan kan doen nie. OUTA doen ‘n beroep op die paar motoriste wat steeds betaal om op te hou en toe te sien dat die stelsel ineenstort.