St. Boniface ondersoek seksuele teistering-klag

Die hoof by die St. Boniface-kollege Rosline Sebastian het bevestig dat die skool ondersoek instel teen ‘n onderwyser na klagtes dat hy blykbaar met skoolmeisies gepeuter het. Volgens berigte het hy hulle geteister met drukkies en komplimente en die meisies sê dit het hulle baie ongemaklik gemaak. Plaaslike media sê dat die leerders die kwessie onder mekaar bespreek het op WhatsApp platforms en sommige het gesê die onderwyser ook aan hulle geraak en het ook na skool boodskappe aan hulle gestuur. Sebastian wou geen verdere besonderhede bekendmaak nie. St. Boniface is een van die strengste, mees konserwatiewe skole in die land en is Katoliek. Die leerders behaal ook jaarliks die top-tien in die graad 10 en 12 uitslae.