Bokke: lynstane is belangrik

Springbok-hulpafrigter Deon Davids sê hulle verwag ‘n harde en mededingende wedstryd Sondag teen Australië in die Rugby Kampioenskap in die Gold Coast. Suid-Afrika kon sedert 2004 ‘n skrale drie van 17 toetse op Australiese bodem wen. Davids sê al wys die geskiedenis hulle presteer nie goed in Australië nie, fokus hulle daarop om voort te gaan vanwaar hulle teen Argentinië geëindig het. Hy voeg by die lynstane sal baie belangrik wees teen die Wallabies: