Zuma-behandeling kos staat amper R400 000

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die voormalige president Jacob Zuma se rekening vir mediese behandeling by ‘n privaathospitaal beloop tot dusver 398 271 Suid-Afrikaanse rand. Die departement het Zuma, wat steeds in die hospitaal is, Sondag op mediese parool vrygelaat. Hy is in Julie as ‘n gevangene by die Estcourt Korrektiewe Dienste-sentrum in KwaZulu-Natal ingeneem waar hy tronkstraf van 15 maande uitgedien het. ‘n Woordvoerder van die departement, Singabakho Nxumalo, sê die hospitaalrekening word bespreek en die regte wat Zuma as voormalige president geniet, word in oorweging geneem. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *