Sprinkane: Oos-Kaapse boere sê dankie

Die Oos-Kaap beleef ‘n groot bruin sprinkaanplaag. Die adjunk-president van Agri-Oos-Kaap, Eben du Plessis, sê Aberdeen, Willowmore, Graaff-Reinet, Middelburg en Somerset-Oos is van die areas wat geraak word. Hy verduidelik die meeste van die swerms is nog in die springfase, met berigte uit sommige areas van vlieënde sprinkane. Du Plessis sê hulle is dankbaar vir die ondersteuning van die nasionale en provinsiale regering: