ANC-regering kyk na brandstofprys se berekening

Verbruikers in Suid-Afrika het baie meer uitdagings met die verhoging in die brandstofprys as Namibiërs. Daar is baie meer heffings en hoër belasting per liter as plaaslik. Maar, die ANC-regering kyk daarna om die manier waarop die petrolprys bereken word, te hersien. Volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gereguleerde brandstofpryse vanjaar met 40 persent gestyg. Hy het hierdie opmerkings gemaak nadat die petrolprys hierdie maand nog ‘n rekordvlak bereik het en nou in die binneland meer as 20 Suid-Afrikaanse rand per liter kos: