Nampol vra hulp na vrou se lyk by Dordabis gevind is

Die Namibiese polisie het die hulp van die publiek gevra na die liggaam van Lydia Garises, 23, in die gebied van Stinkwater by Dordabis gevind is. Volgens die jongste inligting het Garises Saterdagaand ‘n troue bygewoon en sy is laas gesien tussen tien-uur en 11-uur die aand. Haar verminkte liggaam is Maandag namiddag gevind deur ‘n lid van die publiek. Die polisie sê Garises, wat ‘n tien-maande-oue baba het, is ook verkrag. Die polisie vra lede van die publiek wat enige inligting het om hoofinspekteur Nangombe te skakel op 081 269 6055 of die naaste polisiekantoor.