Springbok-vleuel tot 17 September geskors

Rugby: Die Springbok-vleuel Kurt-Lee Arendse is tot 17 September geskors ná sy span se oorwinning met 26-10 oor die All Blacks. Arendse het ‘n rooikaart teen Nieu-Seeland ontvang nadat hy in die lug met Beauden Barrett gebots het in die 74ste minuut van die toets op die Mbombela-stadion. Hy gaan die toets teen die All Blacks op Ellispark misloop, asook twee toetse teen Australië en een teen Argentinië. Hy sal wel beskikbaar wees vir die tuiswedstryd teen Argentinië op 24 September. Afrigter Jacques Nienaber sal na verwagting môre sy span vir die naweek se kragmeting aankondig.