Keniane stem môre

Keniane gaan môre stembus toe om hulle nuwe President te verkies. Dit sal ‘n einde bring aan President Uhuru Kenyatta se twee termyne in die amp. Die voorlopers in die leierskapswedloop in die land se sewende algemene verkiesing sluit in die gewese eerste minister, Raila Odinga, en die adjunkpresident, William Ruto. ‘n Politieke ontleder oor Afrika, Charles Sinkala, sê belangstelling by kiesers onder 35 blyk laag te wees, omdat sommige uit verset van die stembusse af wegbly.