Fort Hare Universiteit se honneursgrade word ondersoek

Die toekenning van honneursgrade deur die Fort Hare Universiteit in die Oos-Kaap word ondersoek. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa die Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig het om die instelling se sake te ondersoek. Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die eenheid sal bewerings oor korrupsie en wanadministrasie ondersoek. Kganyago voeg by die eenheid sal ook enige finansiële verliese verhaal wat die staat as gevolg van korrupsie en nalatigheid gely het.