Spesiale Ondersoekeenheid gaan verdagtes se pensioene bevries

Die Spesiale Ondersoekeenheid van Suid-Afrika sê hy het begin om die pensioene van amptenare te bevries wat verdink word dat hulle by finansiële wangedrag en korrupsie betrokke is. Die hoof van die SOE, Andy Mothibi, sê dit word gedoen om amptenare te verhoed om te bedank sonder om vir die gevolge van hulle optrede te boet. Hy sê die eenheid ondersoek kontrakte te waarde van 113 miljard Namibiese dollar. Die provinsie met die hoogste waarde van kontrakte wat ondersoek word, is Limpopo met 1,9 miljard Namibiese dollar gevolg deur die Vrystaat met kontrakte ten bedrae van 1,5 miljard Namibiese dollar.