Namibiese presidensie ontken Geingob is in hospitaal

Intussen het die Namibiese presidensie woordvoerder, dr. Alfredo Hengari aan Kosmos 94.1 Nuus op navraag bevestig dat President Hage Geingob nie in ‘n hospitaal is nie. Daar is beweringe dat hy gisteraand by ‘n private hospitaal in Windhoek opgeneem is. Hengari het dit ten sterkste ontken.