SA: Geen beurtkrag die naweek

Ná ‘n week van foute wat Eskom se kragopwekkingsvermoë onder baie druk geplaas het, het die situasie verbeter. Eskom beoog nie om vandag of die naweek beurtkrag in te stel nie. Volgens Eskom is die vraag na krag ook minder.