Spencer se moeder behaal graad, beste Unam-student

Julia Ndafyaalako, die ma van Spencer Mandela Nekale, wat in Desember 2020 vermis geraak het, is as die Universiteit van Namibië se beste student aangewys. Sy het haar graad in verpleegkunde met lof aan Unam se Keetmanshoop-kampus behaal. Sy het byna weens haar drie-jarige seun se tragiese verdwyning haar studies opgeskop, maar deurgedruk en hard studeer. Spencer was drie jaar oud toe hy in Lüderitz spoorloos verdwyn het.