Speaker sal antwoord op Hlophe se aansoek

Die Speaker van die Nasionale Vergadering in Suid-Afrika Nosiviwe Mapisa-Nqakula het besluit om die aansoek wat deur die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe voor die Gautengse Hooggeregshof gebring is, te aanvaar. Hlophe vra die hof om die proses om hom uit sy pos te onthef, te staak. Hy is aan wangedrag skuldig bevind nadat hy twee regters van die Konstitusionele Hof probeer beïnvloed het. Die parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê die speaker het gekies om ‘n verklarende beëdigde verklaring in te dien in reaksie op Hlophe se aansoek. Dié verklaring fokus op die verdeling van magte.