Klimaatverandering – Amerika is terug

Die Amerikaanse President Joe Biden het onderneem om met die Kongres saam te werk ten einde die VSA se geldelike hulp aan ontwikkelende lande te midde van die klimaatskrisis te verdubbel. In sy eerste toespraak voor die Verenigde Nasies het hy gesê dié onderneming sal sy land die leier in openbare klimaatsfinansiering maak. Die voormalige president Donald Trump het die land van die internasionale klimaatsfinansieringskomitees onttrek toe hy die land se deelname aan die Parys-klimaatooreenkoms opgeskort het. Biden sê dit is noodsaaklik om klimaatsverandering aan te pak: