Ndonga Linena word Donderdag oorgetel

Die Verkiesingskommissie van Namibië gaan voortgaan om die stembriewe van die Ndonga Linena-kiesafdeling se streeksraadverkiesing van 2020 oor te tel. Die kommissie sal die hofbevel van die verkiesingshof van 13 September uitvoer en die stemme Donderdag oortel. Die verkiesing en die Swapo-kandidaat in die kiesafdeling, Kampota Michael Shiwana, is deur die verkiesingshof as ongeldig verklaar. Die kommunikasiebestuurder van die Verkiesingskommissie, beaam aan Kosmos 94.1 Nuus, dat die stembriewe van die kiesafdeling Donderdag oorgetel gaan word.