Speaker bring hulde aan wyle Shixwameni, De Klerk

Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het besoek afgelê by die weduwee van wyle Ignatius Shixwameni om sy medelye te betoon. Shixwameni het Woensdag tydens ‘n komiteevergadering by die parlement ineengestort en gesterf. Katjavivi het ook hulde gebring aan die Suid-Afrikaanse oudpresident, FW de Klerk, wat gister sy stryd teen longkanker verloor het. Die speaker het gesê De Klerk het die pad vorentoe vir ‘n nuwe Suid-Afrika gelê.